House Van Der Walt

Location: Struisbaai
Date of Completion: July 2011

“Uiters Kundig en Professioneel”

Ek en my vrou het die voorreg gehad om saam met Ben Burger te werk aan twee projekte. Die eerste was ons woonhuis op Stellenbosch in 1995 en die tweede was ons vakansiehuis op Struisbaai in 2011. Tydens albei hierdie projekte het ons Ben as uiters kundig en profesioneel ervaar. Hy het deurentyd baie goeie begrip vir die behoeftes van sy kliënt gehad en het ook kreatiewe en praktiese voorstelle gemaak wat natuurlik uit sy wye ervaringsveld spruit.

Ben het ook toesig gehou tydens die bou van ons huis op Stellenbosch – ‘n proses waarmee ons baie tevrede was en die uiteindelike woonhuis het aan al ons vereistes voldoen. Trouens, ons woon steeds in die huis en tot vandag toe, is dit een van die uitstaande wonings in Paradyskloof.

Ons vakansiehuis op Struisbaai is in die Langezandt Fishermans Village Landgoed gebou en moes aan baie streng regulasies en vereistes voldoen, veral wat die estetiese voorkoms betref.

Na die voorlegging van Ben se planne aan die Langezandt Estetiese Kommitee, het die voorsitter van die kommitee (Mev Sheila Nasions) opgemerk dat sy nog nie sulke goed ge-detaileerde planne vir enige huis op die hele Landgoed ontvang het nie. Dit spreek natuurlik boekdele, aangesien Mev Nasions sowat 56 jaar se ondervinding het. Ook die bou kontrakteur wat die huis op Langezandt vir ons gebou het was vol lof vir die planne wat Ben geteken het.

Alles in ag genome kan ons vir Ben Burger met die grootste vrymoedigheid aanbeveel as argitek! Ons verhouding met Ben het oor die jare net positief gegroei tot die mate waar ons persoonlik met hom bevriend is. Enige persoon wat van Ben Burger Argitekte gebruik wil maak is welkom om direk met ons in verbinding te tree vir verdere inligting.

Koenie en Erika van der Walt
Stellenbosch

COPYRIGHT © 2020 BEN BURGER ARCHITECT

Created by Studio Estetika